Saturday, 10 December 2011

Letting Go

4Des2011
Een oomblik het ek nog gaste gehad, die volgende oomblik niks.
Weg.
Alles weg.
Tarentaal en al.
Hoekom?
We all know saying goodbye sucks. It does.
It sucks.
Deal with it.


8Des2011
 
 
Die plaas is weggevat voor ek kon tot siens sê.

Gelukkig is dit Madeleine se 80ste met Tickled Pink sjampanje en koffieshop cuisine.
Life goes on.

10Des2011
Vir die eerste keer (dit was 4 maande) kan ek in my kar klim en werk toe ry.
Geen gans, geen makou, geen geplukte hoender nie.
Stukkies klip val een vir een van my skouers af…
voor ek kon tot siens sê.

*Ek soek tevergeefs. Ek het foto’s van die ganse, die makou, die hoenderhane. Maar daar’s nie een verrinneweerde hen nie. Onbewustelik het ek hulle elke keer uit die viewfinder gesny. En nou mis ek hulle.

Kompassie

9 Des 2011

Erica Terpstra is my nuwe (2de) beste reisiger.*

“En ik moet je zeggen: ik ben maar niet op de kameel geklomen
want
ik heb op mijn reizen geleerd
je moet kompassie hebben met al wat leefd -

dus ook met de kameel.”

*K. Brown bly my beste.

Saturday, 3 December 2011

EL OH EL

Ek hou nie daarvan nie, maar ek verstaan hoekom my kids fb bedank het. Ek wil nie hoor van mense se dom kollegas, awesome koffie of jongste afgepistheid nie. Ek’s moeg vir mense wat my vra om in die naam van 'n goeie doel sentimentele snert te copy & paste. Ek wil nie 'n patetiese kind se foto'tjie share nie want dit gaan hom nie 'n hartoperasie laat kry nie. Dis nie elke tweede week Daughter / Sister / Show You Care Week nie. En ek wil nie weer wonder oor skimpe nie.
 Maar dan’s daar dié wat my laat lag, en dan is alles vergewe.
Kyk vir T.Sh. Ongeveinsd!
30 Oktober: time to delete some people off here cuz u really effin irritate the shit outta me!
-       Not u uncle ricky, no thanx I don't have any need to hear of their chickens progress of their Child birth or any other trival shit (sic)
29 November: please lord I pray, the day C and I decide to have a child that I can be kind enough to spare the poor people on facebook, the detailed functioning of my body and child for the whole 9 months! FOR FUCK SAKES!!! I don't wana know what ur womb is doing or how ur child is a bean! Keep some things private for goodness sakes!!! (sic)
Moet net nie dink sy’t nie ‘n hart nie.
1 Desember: christmas is a wonderfull time of year C and I cleaning all our old junk out and going to drop it off at the shelter haven't felt this lucky in years! Spreading the love! Xxx (sic)
Blow me down! Wat sê my dierbare vriende wat niks wil weggee nie want hulle het ‘te hard gewerk daarvoor’?
Ek’s met T: die goed wat meulstene om my nek geword het, in my pad lê, deur mot en roes (en muise) verniel word – dis alles besig om elders tereg te kom.  

Friday, 2 December 2011

Karookrag

2 Desember 2011
Sê maar die sonoond het van die St Lucia lorrie afgeval. Toe ek sien in watter gaatjie die trekmanne hom gaan strip en indruk, het ek my voetjie neergesit en gesê hy bly hier. By my. Ek sal hom mooi oppas. En toets. En as die pekanboord eendag reg is vir hom, kan hy met liefde weer aftrek.
Die saak staan so: hulle het hom 2x gebruik. Die eerste keer het ek gesterf van die honger voordat die kos semi-gaar was, en ek was nie meer in staat om ‘n bord kos in te wurg nie. Ek kan ook nie onthou dat dit besonder aptytlik was nie. Die tweede keer het hulle ‘n rare sonvrye dag gekies en op die ou end die pot op die stoof gaan sit. Dit was die Tedelex prutpot se binnebak. Die bak het nie lank gehou op die volsterkte rooiwarm plaat nie: *pop*! Van toe af staan die armsalige oond in die wind en weer, totdat Gerrit Steenberg hom nou die dag vir my kom aflaai het.

Ek het eers by die aardskipmense wat dieselfde model het, gaan uitvis. En soos sake nou staan, is dit 12:30 en my hoenderpot is gaar. Sag en sappig en ek sal netnou terugrapporteer.

14:30. Die hoender was so sag, jy kon dit met jou vurk sny. En omdat die aardskippers gesê het dit trek water, het ek die vleis en groente vooraf met ‘n pakkie hoendersop bestrooi.
Resultaat:
  • Eskom se verlies
  • my wins
  • volgende op die agenda: beesstert.

Kyk wie't kom eet!

Talking Shop

Sondag 30 Oktober 2011, 10:55

Elton wat beswaarlik 55kg kan weeg kom ingestrompel. Hy dra sy pel wat seker darem 60 weeg in sy arms, ‘n streep bloed sover jy sien. Hy huil: ‘hy gaan dood, hy gaan dood’! 2 poliesmanne wandel tentatief in. Hulle het die spul met die ‘van’ ingebring, wil dringend weet of hy op hulle watch gegroet. Dink net aan al daai papierwerk. Dalena werk nog ‘n ander ou se kop toe. Dié moet sommer vinnig plek maak, halwe steek dangle nog in sy kop rond. Elton plak vir Marico neer, gaan sit self op die bankie en huil. Dit was te veel vir hom.

Ek kyk vir Marico: hy's pienk, haal lekker asem, uit soos 'n kers. Maar die bloed die loop. Ek kry die klein gaatjie op die kop en druk toe. Hard. Dis ‘n slagaar. Naand knyp ek liewer die vel toe. Dit werk beter. Maar Marico kom agter hy like dit nie en begin fight. Hoofletter F. Ek koes vir die bloed. Hy strompel buite toe, nou fokof hy want ek maak hom seer. Op die gras gaan pass hy weer uit. Elton moet net mooi praat. So mooi dat Marico weer begin inloop. Ek sê not a fok. Anna Olyn het nou net vir die 2de keer sy bloed weggewas, sy gaan nie weer nie. Hy bly net hier op die gras. Ek gaan haal naald, gare en skêr. Elton sit bo-op Marico – hierdie keer gaan hy nie weer weghol nie. Ek kry 3 steke in, nou kort ‘n drukverband. Ek stuur vir Caroline Security om vir die nurses te gaan vra. Maar Dalena werk nog kop toe en Thea, ja Thea. Sy is rerig nie meer wat sy was nie. En vandat sy daai dag gesê het die dae wat sy haar deur ‘n suster laat rondshunt is laaankal verby, kan jy haar maar verniet laat soek. Maar Caroline is slim en sy bring vir my die grootste verband wat sy kan kry. Dit was mos baie bloed. Ek draai Marico se kop met mening vas, oë en al. Sal later die oë uithaal.

En daarvandaan is hy so mak soos ‘n lammetjie. Gaan lê waar ek hom sê lê, tiep lekker (aka roes afslaap). En die beste is die gras. Niemand hoef weer vloere te was nie.

Saturday, 26 November 2011

Lucky Me

25 November 2011

Braaivleis, want ek het (nog nie) 'n mooi foto van pap&wors nie 

Die skielike opvlam in kalkoengrappies op fb het my laat onthou dat Thanksgiving in aantog is.
Ek het ook eenkeer kalkoen geëet – saam met die afgetrede Mormoonse sendelinge, die Potters: Thanksgiving 1986 in Roodepoort. Daar was ook cranberry sauce en pumpkin paai. (NB ek spel dit nie ‘pie’ nie. Dis ‘n ander dag se storie.) Die paai was diabeties, in solidariteit met Mnr Potter se siekte.  Dit was ‘n interessante interkulturele oefening. Ons het hulle geleer pap en wors eet.

En ek's in die 1% wat op die internet is

Jy lei af ek is nie groot op Thanksgiving nie, maar thanksgiving wel. Maak nie saak van watter kant jy na my kyk nie: ek’s gelukkig.

Ek het:
ü  kos in my yskas, klere aan my lyf
ü  ‘n dak oor my kop, plek om te slaap
ü  geld in my beursie en ‘n mooi bakkie kleingeld op my tafel.

En dan het ek die dinge wat geen geld kan koop nie:
ü  ek is vry van sieklikheid, verslawing en lyding,
ü  vry van pretensie, onafhanklik van goedkeuring,
ü  my familie is die beste en my kinders is suksesvol.

Dankie.

Saturday, 19 November 2011

SARS eFiling

Dis Vrydagaand, diep in November, eintlik is ek nog moeg getrek, ek kan net sowel gaan slaap. F*k!!! EFiling sluit op ‘n Vrydagaand diep in November!!! En Vodacom het nog net ‘n fondasie gegooi vir hulle toring, my internetspoed is 0.000005 mpu!
Drie logins later - vir expired sessions – en my vorms is ingevul, gesave en nie gefile nie want daar's darem nog ‘n week. Ek kan dit more deurgaan en die foute (daar’s altyd een) regmaak.
So is nog ‘n Vrydagaand verby en dis die storie van my lewe: terwyl ek eFiling logins doen, doen ander mense online boarding vir plekke soos Vienna.
Ek’s lus en celebrate my exciting lewe met ‘n sjerrietjie. No such luck. My OBS staan nog by M&P. Sal maar die 4th Street Rosé oopmaak, gooi dit in ‘n klokhelder Wild Africa Cream glas, luiperd en al. Met ys (komplimente van T&D – dis nog nie ‘n maand nie)! Nee wat, hierdie Straat se Rosé kry laaste prys. Maar die ys het goed gesmaak en mooi geklink. Daar's altyd iets om oor bly te wees.

QOTD: I love the ones who are in my life and make it amazing and I thank the ones who left my life and made it even more fantastic.

It doesn't mean they are bad people. It just means that their part in your story is over.

Friday, 11 November 2011

11-11-11

Ek moet darem op hierdie epiese dag blog en al waarmee ek kan opkom, is 'n opskrif. Ek kan nie nou filosofies raak nie want ek het nodig om die slaap te slaap wat ek gisteraand moes geslaap het. So hier's 'n paar ouer goed.

1-11-11
As dit 'n slang was, het hy jou gepik.

 
As true as God made little green apples. Ek soek pekans bo in die boom en kyk nie waar ek loop nie. En dis nie asof ek nog nie die geelslang familie in die boord ontmoet het nie. Laas week het een opgekyk en vir my geloer. Ek het saggies omgedraai en begin wegloop. Maar ek moes omkyk om te sien of ek OK is. Toe sien ek dit: geelslang het dieselfde plan van aksie. Hy het omgedraai en was aan 't verdwyne tussen die bossies in. Ons het 'n goeie verstandhouding: ons los mekaar uit. 
Not for the faint-hearted. Moenie dink dis net slange wat hier woon nie.


10 November 2011
As dit 1 huis is wat trek, maar nou’s dit 4!

Dit hang soos ‘n swaard oor my: ek moet Erika se goed pak en stoor voor die laaste week in Oktober, maar jy weet nou van al die drama met die troues. En ek werk nog vir ‘n lewe. En toe ek my oë uitvee, bel die oom en vra kan hulle maar bietjie vroeër intrek. Ek sê ja natuurlik. En skielik kliek ek ons sit al diep in die laaste week van Oktober. Flat blerrie spin. Maar dis afgehandel.

Intussen sê Elize onthou om vir my bokse te soek. Excuse me. Ek het nou net die 50 wat ek gehad het volgepak. Ek sit met 2 oumense wat nie ‘n ander manier het om ‘kartonhouers’ te bekom nie. En dit sal vir hulle sleg wees om in Stellenbosch aan te kom met hulle goed in Richelieu en Klipdrift bokse.
Kom ek hou dit kort. Elize se goed is gepak. In doodse stilte en in daglig. Want dis al wat daar is. (Don’t ask.) Die oumense is so gaaf om (meestal) self te pak. Weliswaar.
 
En dan is dit ek - wie wonder nog wat van my vet geword het? Gelukkig is ons krag betaal en kan ek happily my radio speel sover ek pak. En dis fantasties: as dit donker word, kan ek die lig aansit. En vir my koffie maak. En vir D jammer kry. (Dis die don't ask deel.) 

 
PS: Hier’s my 11de dag voornemens (cf nuwejaarsvoornemens):

  1. Ek gaan van nou af my eie eiers koop.

Thursday, 10 November 2011

BSc



Dinsdag 25 Oktober
Zoölogie

Tammy roep my opgewonde hek toe. ‘Kom kyk, kom kyk!’ Sien sy dalk 'n skilpad? Ons verdwaalde likkewaan? Nee, ek dink sy sal weghardloop vir die likkewaan. ‘Kyk, 'n bloukopkoggelmander!’ En ek, die droë drip, sê ‘o, dit, ag hier's 1000'e’. En ek dink weer en ek sê ‘weet jy wat, dis fantasties. Dis nou nie ‘n walvis nie, maar dis 'n bloukopkoggelmander en hy woon hier by die peperboom. En ek's bly jy’s opgewonde oor hom.’

Ja, ek kan sien sy kop is nie blou nie, maar dit is inmiddels die 10de November en ek blog net omdat ek te moeg is om te gaan slaap.

15-11-11: Het hom, maar hy was reg om weg te glip. En dis wat hy gedoen het toe ek nog 'n treetjie gegee het.


Botanie

Vinkel: jonk en sterk en smaaklik.
Ek het vinkel wat skouerhoogte by my voordeur staan maar my dierbare moeder piekel nog steeds elke dag af na die uithoek van die tuin om aspersieblare te pluk. Want niks gaan haar laat onthou dat dit nie vinkel is nie. En ons het in die 5 jaar wat sy dit in ons slaai gooi nog net gefloreer, dis seker ook goeie goed en hier's 'n bonus: dit smaak dit na niks.

Aspersieblare, maar toe maar, dit maak haar hart bly.

PS: Dit sal nice wees as ek nou die foto's gelaai kan kry. Maar ek kan nie. Sal ander dag weer probeer.


PPS: Anderdag het aangebreek, dis hoekom daar nou foto’s is. Anderdag se naam is 11-11-11. Koel.



Wednesday, 9 November 2011

Blerrie Afrikaners


Die 'blerrie Afrikanertjie', 1961.
Sandersonweg 6,
Pinetown,
geen poskode in 1960 nie.

Ek sê vir Cheryl Brown se pel ek wil ook die binnenshuise swembad sien. Sy wip haar en sê OK, you blerrie Afrikaner. In skok gaan kruip ek weg in shutthefuckup en sien nooit die ding nie.

50 jaar later gaan daar vir my 'n lig op: ons ís blerrie Afrikaners. Kan oor niks saamstem nie. Kloof hare oor Psalms en Gesange. En Hallelujaliedere. Stig 'n nuwe politieke groep al om die ander week. Irriteer die hel uit my uit.

Dan's daar die ander lot: julle blerrie facebookers. Wat's met al hierdie pseudo-Engelse updates? Jy maak jou naam gat met jou pretensieuse domboer Engels. Hou dan liewer by jou geradbraakte Afrikaans. Ek het meer geduld met 'n egte domboer as met 'n valse.

Hier's die blerrie limit: ek kan hulle nie eers delete nie want hulle is my blerrie pelle. (Was?)


En nee, óns is nie blerrie Afrikaners nie.
 

Wednesday, 19 October 2011

Max


31 Mei 2010 -15 Augustus 2011
het met sy kop op my skoot aan die slaap geraak terwyl ek gehuil het oor sy misrabele lewe. 

Max se laaste paar dae: hy het die lekkerste tyd van sy lewe by my gehad

Friday, 14 October 2011

Bye-bye BlackBerry

Nie rerig nie. Ek hou myne. Dit was nie 3 lekker dae nie maar nou kan ek my voorstel hoe my post-apokaliptiese lewe sal wees. Die gedagte dat ek nie sal weet wat geword het van my kinders nie, knaag klaar aan my maag.

10 Jaar terug het ek gedink, Internet, what a Brave New World, way beyond my means. Ek het gedroom, gehoop dit sal in my leeftyd my kant toe kom. Dit bly my eer en voorreg en blessing (want seën klink nie reg nie) om vryelik toegang te hê.

Dis my band met my mense, my versekering teen isolasie, my geselskap wanneer ek geselskap soek, en niemand waardeer dit meer as ek nie.


Op Jeanelle se troue: ek WhatsApp met Tammy terwyl Charl my 'rooi koeldrank' hou

Thursday, 13 October 2011

The Grateful Aged

11-10-11
Found this on fb; loved the comments!


JL I: The money was spent on the ungrateful next generation.

J B:   And the generation after that.


PS. Spent with .
PPS. The next generations have almost lost the 'un' in ungrateful.
PPS. I might end up scrapping this blog. Watch this space. 3 down, one to go!
o  

RIP, Steve Jobs


 February 24, 1955 – October 5, 2011
So we thought of some more 21st centurification of Shakespeare, (maybe not all Shakespearian):
P McG: Romeo, Romeo. Where the hell are you? (He got it wrong btw, see below.)
Hell hath no fury, like a woman cut off in traffic.
Lazarus come forth! The silly bugger slipped over and came fifth.


D McK: Ye shall know the truth and it shall make you freak.

JL I: The truth shall set you off.

D McK: Speaking of translating Shakespeare. Juliet is not asking Romeo where the hell he is. "Wherefore art thou Romeo" translates as "Why the hell are you an effing Montaque?"

R T: Absence makes the heart go wander.

D D: A penny saved is a nuisance.

St James was spesiaal

St James was spesiaal want dit het uit die bloute gekom. Een oomblik was my tassie gepak om huis toe te gaan, die volgende oomblik ry ek Valsbaai toe vir nog ‘n dag.
St James was spesiaal want al wat die mense in die laaste 80 jaar daar gedoen het, was onderhoud en renovasie. (So sê Ma en sy is 85.) En toe ons niksvermoedend op die sypaadjie loop, ontdek ek ‘n walvis moeder en kind net agter die branders.
St James was spesiaal want mens kan na die Cape to Cuba loop vir ete, of om rugby te kyk sonder dat iemand vir die tv skree.
St James was spesiaal want ek was heeltemal vry van verwagtinge en verpligtinge. Ons het lekker in Kalkbaai se winkeltjies rondeloop, bietjie koffieshopping gedoen, en toe net vir onsself ‘n braai gehou en ‘n bottel wyn oopgemaak.
St James was so spesiaal dat ek eendag weer sal gaan.
***
Syfers:
  • 15 nefies en niggies op J se troue
  • 1812 km gery
  • 21 chocolates geëet
  • 1x in ‘n Hollandse restaurant geëet (al was dit Thai Chicken Salad)
  • 1x amper in die Cape to Cuba geëet.
  • 13 foto's vir Tammy ge-WhatsApp. (Ja, ja, hierdie granny kom reg!)

Goed gedoen:
  • Die hemp van my rug af verkoop om vir D se vliegkaartjie te betaal.
  • Sit in my 2de maand sonder tv.

QOTD:
Tell funnier jokes (via Christine, aan Woody Allen gesê). Dit klink nou nie reg nie - die konteks kort. So hier's C se status update: 
 Entertaining myself with Woody Allen (randomly picked from droplist...): Martians in Stardust Memories: “We like your movies, particularly the early, funny ones.” He asks the aliens for counsel. “Shouldn’t I stop making movies and do something that counts, like… like helping blind people or becoming a missionary or something?” -- “You want to do mankind a real service?” replies the alien. “Tell funnier jokes."