Friday, 2 December 2011

Talking Shop

Sondag 30 Oktober 2011, 10:55

Elton wat beswaarlik 55kg kan weeg kom ingestrompel. Hy dra sy pel wat seker darem 60 weeg in sy arms, ‘n streep bloed sover jy sien. Hy huil: ‘hy gaan dood, hy gaan dood’! 2 poliesmanne wandel tentatief in. Hulle het die spul met die ‘van’ ingebring, wil dringend weet of hy op hulle watch gegroet. Dink net aan al daai papierwerk. Dalena werk nog ‘n ander ou se kop toe. Dié moet sommer vinnig plek maak, halwe steek dangle nog in sy kop rond. Elton plak vir Marico neer, gaan sit self op die bankie en huil. Dit was te veel vir hom.

Ek kyk vir Marico: hy's pienk, haal lekker asem, uit soos 'n kers. Maar die bloed die loop. Ek kry die klein gaatjie op die kop en druk toe. Hard. Dis ‘n slagaar. Naand knyp ek liewer die vel toe. Dit werk beter. Maar Marico kom agter hy like dit nie en begin fight. Hoofletter F. Ek koes vir die bloed. Hy strompel buite toe, nou fokof hy want ek maak hom seer. Op die gras gaan pass hy weer uit. Elton moet net mooi praat. So mooi dat Marico weer begin inloop. Ek sê not a fok. Anna Olyn het nou net vir die 2de keer sy bloed weggewas, sy gaan nie weer nie. Hy bly net hier op die gras. Ek gaan haal naald, gare en skêr. Elton sit bo-op Marico – hierdie keer gaan hy nie weer weghol nie. Ek kry 3 steke in, nou kort ‘n drukverband. Ek stuur vir Caroline Security om vir die nurses te gaan vra. Maar Dalena werk nog kop toe en Thea, ja Thea. Sy is rerig nie meer wat sy was nie. En vandat sy daai dag gesê het die dae wat sy haar deur ‘n suster laat rondshunt is laaankal verby, kan jy haar maar verniet laat soek. Maar Caroline is slim en sy bring vir my die grootste verband wat sy kan kry. Dit was mos baie bloed. Ek draai Marico se kop met mening vas, oë en al. Sal later die oë uithaal.

En daarvandaan is hy so mak soos ‘n lammetjie. Gaan lê waar ek hom sê lê, tiep lekker (aka roes afslaap). En die beste is die gras. Niemand hoef weer vloere te was nie.

No comments:

Post a Comment