Saturday, 19 November 2011

SARS eFiling

Dis Vrydagaand, diep in November, eintlik is ek nog moeg getrek, ek kan net sowel gaan slaap. F*k!!! EFiling sluit op ‘n Vrydagaand diep in November!!! En Vodacom het nog net ‘n fondasie gegooi vir hulle toring, my internetspoed is 0.000005 mpu!
Drie logins later - vir expired sessions – en my vorms is ingevul, gesave en nie gefile nie want daar's darem nog ‘n week. Ek kan dit more deurgaan en die foute (daar’s altyd een) regmaak.
So is nog ‘n Vrydagaand verby en dis die storie van my lewe: terwyl ek eFiling logins doen, doen ander mense online boarding vir plekke soos Vienna.
Ek’s lus en celebrate my exciting lewe met ‘n sjerrietjie. No such luck. My OBS staan nog by M&P. Sal maar die 4th Street Rosé oopmaak, gooi dit in ‘n klokhelder Wild Africa Cream glas, luiperd en al. Met ys (komplimente van T&D – dis nog nie ‘n maand nie)! Nee wat, hierdie Straat se Rosé kry laaste prys. Maar die ys het goed gesmaak en mooi geklink. Daar's altyd iets om oor bly te wees.

QOTD: I love the ones who are in my life and make it amazing and I thank the ones who left my life and made it even more fantastic.

It doesn't mean they are bad people. It just means that their part in your story is over.

2 comments:

  1. Vir my moeite en ellende en gesukkel met user-unfriendly efiling, kry ek terug: 'n hele 47sent! En het ek gesê, nee ek het nie. Die finale instuur was geen grap nie.

    ReplyDelete