1-11-11
As dit 'n slang was, het hy jou gepik.
As true as God made little green apples. Ek soek pekans bo in die boom en kyk nie waar ek loop nie. En dis nie asof ek nog nie die geelslang familie in die boord ontmoet het nie. Laas week het een opgekyk en vir my geloer. Ek het saggies omgedraai en begin wegloop. Maar ek moes omkyk om te sien of ek OK is. Toe sien ek dit: geelslang het dieselfde plan van aksie. Hy het omgedraai en was aan 't verdwyne tussen die bossies in. Ons het 'n goeie verstandhouding: ons los mekaar uit.
Not for the faint-hearted. Moenie dink dis net slange wat hier woon nie. |
10 November 2011
As dit 1 huis is wat trek, maar nou’s dit 4!
Dit hang soos ‘n swaard oor my: ek moet Erika se goed pak en stoor voor die laaste week in Oktober, maar jy weet nou van al die drama met die troues. En ek werk nog vir ‘n lewe. En toe ek my oë uitvee, bel die oom en vra kan hulle maar bietjie vroeër intrek. Ek sê ja natuurlik. En skielik kliek ek ons sit al diep in die laaste week van Oktober. Flat blerrie spin. Maar dis afgehandel.
Intussen sê Elize onthou om vir my bokse te soek. Excuse me. Ek het nou net die 50 wat ek gehad het volgepak. Ek sit met 2 oumense wat nie ‘n ander manier het om ‘kartonhouers’ te bekom nie. En dit sal vir hulle sleg wees om in Stellenbosch aan te kom met hulle goed in Richelieu en Klipdrift bokse.
Kom ek hou dit kort. Elize se goed is gepak. In doodse stilte en in daglig. Want dis al wat daar is. (Don’t ask.) Die oumense is so gaaf om (meestal) self te pak. Weliswaar.
En dan is dit ek - wie wonder nog wat van my vet geword het? Gelukkig is ons krag betaal en kan ek happily my radio speel sover ek pak. En dis fantasties: as dit donker word, kan ek die lig aansit. En vir my koffie maak. En vir D jammer kry. (Dis die don't ask deel.)
PS: Hier’s my 11de dag voornemens (cf nuwejaarsvoornemens):
- Ek gaan van nou af my eie eiers koop.
No comments:
Post a Comment