St James was spesiaal want dit het uit die bloute gekom. Een oomblik was my tassie gepak om huis toe te gaan, die volgende oomblik ry ek Valsbaai toe vir nog ‘n dag.
St James was spesiaal want al wat die mense in die laaste 80 jaar daar gedoen het, was onderhoud en renovasie. (So sê Ma en sy is 85.) En toe ons niksvermoedend op die sypaadjie loop, ontdek ek ‘n walvis moeder en kind net agter die branders.
St James was spesiaal want mens kan na die Cape to Cuba loop vir ete, of om rugby te kyk sonder dat iemand vir die tv skree.
St James was spesiaal want ek was heeltemal vry van verwagtinge en verpligtinge. Ons het lekker in Kalkbaai se winkeltjies rondeloop, bietjie koffieshopping gedoen, en toe net vir onsself ‘n braai gehou en ‘n bottel wyn oopgemaak.
St James was so spesiaal dat ek eendag weer sal gaan.
Syfers:
- 15 nefies en niggies op J se troue
- 1812 km gery
- 21 chocolates geëet
- 1x in ‘n Hollandse restaurant geëet (al was dit Thai Chicken Salad)
- 1x amper in die Cape to Cuba geëet.
- 13 foto's vir Tammy ge-WhatsApp. (Ja, ja, hierdie granny kom reg!)
Goed gedoen:
- Die hemp van my rug af verkoop om vir D se vliegkaartjie te betaal.
- Sit in my 2de maand sonder tv.
QOTD:
Tell funnier jokes (via Christine, aan Woody Allen gesê). Dit klink nou nie reg nie - die konteks kort. So hier's C se status update:
No comments:
Post a Comment