Dinsdag 25 Oktober
Zoölogie
Zoölogie
Tammy roep my opgewonde hek toe. ‘Kom kyk, kom kyk!’ Sien sy dalk 'n skilpad? Ons verdwaalde likkewaan? Nee, ek dink sy sal weghardloop vir die likkewaan. ‘Kyk, 'n bloukopkoggelmander!’ En ek, die droë drip, sê ‘o, dit, ag hier's 1000'e’. En ek dink weer en ek sê ‘weet jy wat, dis fantasties. Dis nou nie ‘n walvis nie, maar dis 'n bloukopkoggelmander en hy woon hier by die peperboom. En ek's bly jy’s opgewonde oor hom.’
Ja, ek kan sien sy kop is nie blou nie, maar dit is inmiddels die 10de November en ek blog net omdat ek te moeg is om te gaan slaap.
|
Botanie
Vinkel: jonk en sterk en smaaklik.
|
Ek het vinkel wat skouerhoogte by my voordeur staan maar my dierbare moeder piekel nog steeds elke dag af na die uithoek van die tuin om aspersieblare te pluk. Want niks gaan haar laat onthou dat dit nie vinkel is nie. En ons het in die 5 jaar wat sy dit in ons slaai gooi nog net gefloreer, dis seker ook goeie goed en hier's 'n bonus: dit smaak dit na niks.
PS: Dit sal nice wees as ek nou die foto's gelaai kan kry. Maar ek kan nie. Sal ander dag weer probeer.PPS: Anderdag het aangebreek, dis hoekom daar nou foto’s is. Anderdag se naam is 11-11-11. Koel.
It's the little things! <3
ReplyDeleteSweet little bloukopkoggelmandertjie - ek raak nou self opgewonde as ek hom sien!
ReplyDelete