Saturday, 26 November 2011

Lucky Me

25 November 2011

Braaivleis, want ek het (nog nie) 'n mooi foto van pap&wors nie 

Die skielike opvlam in kalkoengrappies op fb het my laat onthou dat Thanksgiving in aantog is.
Ek het ook eenkeer kalkoen geëet – saam met die afgetrede Mormoonse sendelinge, die Potters: Thanksgiving 1986 in Roodepoort. Daar was ook cranberry sauce en pumpkin paai. (NB ek spel dit nie ‘pie’ nie. Dis ‘n ander dag se storie.) Die paai was diabeties, in solidariteit met Mnr Potter se siekte.  Dit was ‘n interessante interkulturele oefening. Ons het hulle geleer pap en wors eet.

En ek's in die 1% wat op die internet is

Jy lei af ek is nie groot op Thanksgiving nie, maar thanksgiving wel. Maak nie saak van watter kant jy na my kyk nie: ek’s gelukkig.

Ek het:
ü  kos in my yskas, klere aan my lyf
ü  ‘n dak oor my kop, plek om te slaap
ü  geld in my beursie en ‘n mooi bakkie kleingeld op my tafel.

En dan het ek die dinge wat geen geld kan koop nie:
ü  ek is vry van sieklikheid, verslawing en lyding,
ü  vry van pretensie, onafhanklik van goedkeuring,
ü  my familie is die beste en my kinders is suksesvol.

Dankie.

Saturday, 19 November 2011

SARS eFiling

Dis Vrydagaand, diep in November, eintlik is ek nog moeg getrek, ek kan net sowel gaan slaap. F*k!!! EFiling sluit op ‘n Vrydagaand diep in November!!! En Vodacom het nog net ‘n fondasie gegooi vir hulle toring, my internetspoed is 0.000005 mpu!
Drie logins later - vir expired sessions – en my vorms is ingevul, gesave en nie gefile nie want daar's darem nog ‘n week. Ek kan dit more deurgaan en die foute (daar’s altyd een) regmaak.
So is nog ‘n Vrydagaand verby en dis die storie van my lewe: terwyl ek eFiling logins doen, doen ander mense online boarding vir plekke soos Vienna.
Ek’s lus en celebrate my exciting lewe met ‘n sjerrietjie. No such luck. My OBS staan nog by M&P. Sal maar die 4th Street Rosé oopmaak, gooi dit in ‘n klokhelder Wild Africa Cream glas, luiperd en al. Met ys (komplimente van T&D – dis nog nie ‘n maand nie)! Nee wat, hierdie Straat se Rosé kry laaste prys. Maar die ys het goed gesmaak en mooi geklink. Daar's altyd iets om oor bly te wees.

QOTD: I love the ones who are in my life and make it amazing and I thank the ones who left my life and made it even more fantastic.

It doesn't mean they are bad people. It just means that their part in your story is over.

Friday, 11 November 2011

11-11-11

Ek moet darem op hierdie epiese dag blog en al waarmee ek kan opkom, is 'n opskrif. Ek kan nie nou filosofies raak nie want ek het nodig om die slaap te slaap wat ek gisteraand moes geslaap het. So hier's 'n paar ouer goed.

1-11-11
As dit 'n slang was, het hy jou gepik.

 
As true as God made little green apples. Ek soek pekans bo in die boom en kyk nie waar ek loop nie. En dis nie asof ek nog nie die geelslang familie in die boord ontmoet het nie. Laas week het een opgekyk en vir my geloer. Ek het saggies omgedraai en begin wegloop. Maar ek moes omkyk om te sien of ek OK is. Toe sien ek dit: geelslang het dieselfde plan van aksie. Hy het omgedraai en was aan 't verdwyne tussen die bossies in. Ons het 'n goeie verstandhouding: ons los mekaar uit. 
Not for the faint-hearted. Moenie dink dis net slange wat hier woon nie.


10 November 2011
As dit 1 huis is wat trek, maar nou’s dit 4!

Dit hang soos ‘n swaard oor my: ek moet Erika se goed pak en stoor voor die laaste week in Oktober, maar jy weet nou van al die drama met die troues. En ek werk nog vir ‘n lewe. En toe ek my oë uitvee, bel die oom en vra kan hulle maar bietjie vroeër intrek. Ek sê ja natuurlik. En skielik kliek ek ons sit al diep in die laaste week van Oktober. Flat blerrie spin. Maar dis afgehandel.

Intussen sê Elize onthou om vir my bokse te soek. Excuse me. Ek het nou net die 50 wat ek gehad het volgepak. Ek sit met 2 oumense wat nie ‘n ander manier het om ‘kartonhouers’ te bekom nie. En dit sal vir hulle sleg wees om in Stellenbosch aan te kom met hulle goed in Richelieu en Klipdrift bokse.
Kom ek hou dit kort. Elize se goed is gepak. In doodse stilte en in daglig. Want dis al wat daar is. (Don’t ask.) Die oumense is so gaaf om (meestal) self te pak. Weliswaar.
 
En dan is dit ek - wie wonder nog wat van my vet geword het? Gelukkig is ons krag betaal en kan ek happily my radio speel sover ek pak. En dis fantasties: as dit donker word, kan ek die lig aansit. En vir my koffie maak. En vir D jammer kry. (Dis die don't ask deel.) 

 
PS: Hier’s my 11de dag voornemens (cf nuwejaarsvoornemens):

  1. Ek gaan van nou af my eie eiers koop.

Thursday, 10 November 2011

BSc



Dinsdag 25 Oktober
Zoölogie

Tammy roep my opgewonde hek toe. ‘Kom kyk, kom kyk!’ Sien sy dalk 'n skilpad? Ons verdwaalde likkewaan? Nee, ek dink sy sal weghardloop vir die likkewaan. ‘Kyk, 'n bloukopkoggelmander!’ En ek, die droë drip, sê ‘o, dit, ag hier's 1000'e’. En ek dink weer en ek sê ‘weet jy wat, dis fantasties. Dis nou nie ‘n walvis nie, maar dis 'n bloukopkoggelmander en hy woon hier by die peperboom. En ek's bly jy’s opgewonde oor hom.’

Ja, ek kan sien sy kop is nie blou nie, maar dit is inmiddels die 10de November en ek blog net omdat ek te moeg is om te gaan slaap.

15-11-11: Het hom, maar hy was reg om weg te glip. En dis wat hy gedoen het toe ek nog 'n treetjie gegee het.


Botanie

Vinkel: jonk en sterk en smaaklik.
Ek het vinkel wat skouerhoogte by my voordeur staan maar my dierbare moeder piekel nog steeds elke dag af na die uithoek van die tuin om aspersieblare te pluk. Want niks gaan haar laat onthou dat dit nie vinkel is nie. En ons het in die 5 jaar wat sy dit in ons slaai gooi nog net gefloreer, dis seker ook goeie goed en hier's 'n bonus: dit smaak dit na niks.

Aspersieblare, maar toe maar, dit maak haar hart bly.

PS: Dit sal nice wees as ek nou die foto's gelaai kan kry. Maar ek kan nie. Sal ander dag weer probeer.


PPS: Anderdag het aangebreek, dis hoekom daar nou foto’s is. Anderdag se naam is 11-11-11. Koel.



Wednesday, 9 November 2011

Blerrie Afrikaners


Die 'blerrie Afrikanertjie', 1961.
Sandersonweg 6,
Pinetown,
geen poskode in 1960 nie.

Ek sê vir Cheryl Brown se pel ek wil ook die binnenshuise swembad sien. Sy wip haar en sê OK, you blerrie Afrikaner. In skok gaan kruip ek weg in shutthefuckup en sien nooit die ding nie.

50 jaar later gaan daar vir my 'n lig op: ons ís blerrie Afrikaners. Kan oor niks saamstem nie. Kloof hare oor Psalms en Gesange. En Hallelujaliedere. Stig 'n nuwe politieke groep al om die ander week. Irriteer die hel uit my uit.

Dan's daar die ander lot: julle blerrie facebookers. Wat's met al hierdie pseudo-Engelse updates? Jy maak jou naam gat met jou pretensieuse domboer Engels. Hou dan liewer by jou geradbraakte Afrikaans. Ek het meer geduld met 'n egte domboer as met 'n valse.

Hier's die blerrie limit: ek kan hulle nie eers delete nie want hulle is my blerrie pelle. (Was?)


En nee, óns is nie blerrie Afrikaners nie.