Ek hou nie daarvan nie, maar ek verstaan hoekom my kids fb bedank het. Ek wil nie hoor van mense se dom kollegas, awesome koffie of jongste afgepistheid nie. Ek’s moeg vir mense wat my vra om in die naam van 'n goeie doel sentimentele snert te copy & paste. Ek wil nie 'n patetiese kind se foto'tjie share nie want dit gaan hom nie 'n hartoperasie laat kry nie. Dis nie elke tweede week Daughter / Sister / Show You Care Week nie. En ek wil nie weer wonder oor skimpe nie.
Maar dan’s daar dié wat my laat lag, en dan is alles vergewe.
Kyk vir T.Sh. Ongeveinsd!
30 Oktober: time to delete some people off here cuz u really effin irritate the shit outta me!
- Not u uncle ricky, no thanx I don't have any need to hear of their chickens progress of their Child birth or any other trival shit (sic)
29 November: please lord I pray, the day C and I decide to have a child that I can be kind enough to spare the poor people on facebook, the detailed functioning of my body and child for the whole 9 months! FOR FUCK SAKES!!! I don't wana know what ur womb is doing or how ur child is a bean! Keep some things private for goodness sakes!!! (sic)
Moet net nie dink sy’t nie ‘n hart nie.
1 Desember: christmas is a wonderfull time of year C and I cleaning all our old junk out and going to drop it off at the shelter haven't felt this lucky in years! Spreading the love! Xxx (sic)
Blow me down! Wat sê my dierbare vriende wat niks wil weggee nie want hulle het ‘te hard gewerk daarvoor’?
Ek’s met T: die goed wat meulstene om my nek geword het, in my pad lê, deur mot en roes (en muise) verniel word – dis alles besig om elders tereg te kom. ♥