St James was spesiaal want dit het uit die bloute gekom. Een oomblik was my tassie gepak om huis toe te gaan, die volgende oomblik ry ek Valsbaai toe vir nog ‘n dag.
St James was spesiaal want al wat die mense in die laaste 80 jaar daar gedoen het, was onderhoud en renovasie. (So sê Ma en sy is 85.) En toe ons niksvermoedend op die sypaadjie loop, ontdek ek ‘n walvis moeder en kind net agter die branders.
St James was spesiaal want mens kan na die Cape to Cuba loop vir ete, of om rugby te kyk sonder dat iemand vir die tv skree.
St James was spesiaal want ek was heeltemal vry van verwagtinge en verpligtinge. Ons het lekker in Kalkbaai se winkeltjies rondeloop, bietjie koffieshopping gedoen, en toe net vir onsself ‘n braai gehou en ‘n bottel wyn oopgemaak.
St James was so spesiaal dat ek eendag weer sal gaan.
Syfers:
15 nefies en niggies op J se troue
1812 km gery
21 chocolates geëet
1x in ‘n Hollandse restaurant geëet (al was dit Thai Chicken Salad)
1x amper in die Cape to Cuba geëet.
13 foto's vir Tammy ge-WhatsApp. (Ja, ja, hierdie granny kom reg!)
Goed gedoen:
QOTD:
Tell funnier jokes (via Christine, aan Woody Allen gesê). Dit klink nou nie reg nie - die konteks kort. So hier's C se status update:
Entertaining myself with Woody Allen (randomly picked from droplist...): Martians in Stardust Memories: “We like your movies, particularly the early, funny ones.” He asks the aliens for counsel. “Shouldn’t I stop making movies and do something that counts, like… like helping blind people or becoming a missionary or something?” -- “You want to do mankind a real service?” replies the alien. “Tell funnier jokes."