Thursday, 22 September 2011

Equinox

 21 September 2011: Equinox! Ek sit in Prieska, en die telling is: Hanepoot 2, Skripsie 0.

Lys van verbodenheid:
1.       TV
2.       Irrelevante lees
3.       Blog(!!!)
Lys van suksesse:
1.       Geen TV
2.       Niks Irrelevants gelees nie
Onlangse prestasies:
1.       Vir Ma gesê sy kan maar aanhou om my klippe te vat as sy hulle wil gebruik
2.       Besproeiing soort van bruikbaar gemaak
3.       Kruiesteggies aan die lewe gehou
4.       Oorlog verklaar teen Lavandula angustifolia in die besonder en pieperige plantjies in die algemeen

Vooruitsigte:
1.       LCD TV (wat die weerskante van BVN wys)
2.       Boeke lees wat niks te doen het met akademie nie
3.       Blog!